QUELQUE CHOSE A' TE DIRE
Although I am completely english since birth my mother spoke afrikaans as her father was of German descent. who married a Khoisan woman and as things go the South Africans know how these things work so I just could not help but add this original piece sent to me by a friend recently who doesn't speak a word of afrikaans neither any Zulu and he is Zulu. Now there's one for the books...
Wedren kan beste haal uit jaers
Deur Ons Fietsryverslaggewer DIE klub Stedelikes se jaarlikse voorgee-wedren oor 85 km tussen Kaapstad en die Paarl kan môre weer die heel beste uit die voorste langasems haal. Die wedren word op 'n voorgee-grondslag beslis wat sake baie interessant kan maak. Geharde padjaers soos Gerard Genis, Fourie Kotze, Alwyn de Kock en Hendrik Lemmer sal dié slag lig moet loop vir minder bekende jaers wat met 'n goeie voorgee sal wegspring. As die beroepsjaer Carinus Lemmer môre deelneem, gaan hy moeilik gestuit word. Die jong Steve Viljoen en ander jong jaers soos Ian Gallard, Johan Giliomee, Hennie Cilliers, Mark Blewett en Kevin Green sal in hierdie wedren behoorlik getoets word. Genis-hulle sal teen 'n baie warm pas moet jaag om die voorgee-jaers in te haal en hierdie pas kan dalk te kwaai wees vir die jonger manne. Die wedren begin om 14:00 voor die kragsentrale by Paardeneiland en eindig by die Simonsvlei-wynkelder by die Paarl. Afsonderlike wedrenne vir vroue en skoolseuns word ook aangebied. Die vroue en skoolseuns o.17 spring om 14:30 weg in Adderleyweg naby Philadelphia en die o.15-skoolseuns om 14:00 by Phesantekraal. Al die wedrenne word op dieselfde roete of 'n deel daarvan gehou.
No comments:
Post a Comment